Ek het nie gedink ek sal ooit 'n blog oor Windows begin nie, want 'n paar jaar gelede het ek selfs probeer om by die huis heeltemal oor te skakel na Linux. Alhoewel ek nog steeds dink dis 'n goeie idee, was daar 'n paar redes hoekom ek dit net nie kon regkry nie, miskien probeer ek eendag weer.
Intussen word ek nog steeds gedwing om Windows by die werk te gebruik, my kinders gebruik Windows by die huis en ek is die een wat moet help. Ek het ook 'n paar maande gelede 'n skootrekenaar gekoop met vooraf geïnstalleerde Windows Vista. Laasgenoemde het grootliks bygedra tot die idee vir hierdie blog.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment